Die mooi van die ou Kareebome groet jou en om die koshuis speel kinders “open the gate”, bou plaaspaadjies en lag.


Die kinderlag is aansteeklik en mens verlang na jou eie skooldae. Ek wonder waar het Kareehof begin? ‘n Klein Plattelandse koshuis wat ,  nes die Kareeboom, sterk staan teen sonskyn, wind en reën.


‘n Bietjie Geskiedenis: 


Jare gelede het ‘n skool en kerk reeds die vooruitgang van ‘n plattelandse dorp bepaal. Daarom, toe die behoefte hom voordoen, het die NG Kerk ‘n gebou gehuur en later jare met ‘n lening van die Departement van Onderwys gekoop en uitgebrei om die kinders van die plaaslike skool te huisves. Dis juis hierdie koshuis wat vandag na byna 7 dekades steeds bekend staan as die Kareehof Koshuis. (was Kareehof NG Kerkkoshuis) 


Trots bou ons jaar na jaar voort aan ‘n nalatenskap vir geslagte wat nog kom en gee ons ‘n gedeelte van onsself aan  ‘n klein wêreldtjie wat na aan ons harte is. Ons koester hierdie stukkie aarde en ons bid God se seën daarop toe. 


Kareehof koshuis huisves tans 97 leerders.  Elke leerder, uniek in persoonlikheid, word deur bekwame toesigkragte versorg, gehelp en gelei om as ‘n gelukkige  individu, te ontwikkel.